Verlede maand het die Facebook-video soos ’n veldbrand versprei waarop Brad Holmes sy meisie, Jenny Davis, met ’n vals huweliksaanbod om die bos lei.

Lees ook: Romantiese huweliksaanbod toe eintlik ’n wrede poets

Nou het Jenny (22) die bordjies verhang deur hom te laat glo sy is swanger.

In die nuwe video, wat op Brad se Facebook-blad geplaas is met die byskrif “Liefie, ek is swanger”, maak sy hom wakker om die nuus te deel.

Wanneer hy haar nie glo nie, wys sy vir hom ’n positiewe swangerskapstoets. Die deur die mis kêrel glo dit steeds nie en sê die toets het waarskynlik verval.

Lees ook: So lyk nuwe Kaapse hotel waar jy tot R140 000 ’n nag moet opdok!

Later gee hy toe, soen haar en haal sy foon uit om die nuus met sy pa te deel.

En dan pluk Jenny die mat onder hom uit.

Kyk hier onder na die oomblik:

Ander stories op Huisgenoot.com

Jy sal nie glo hoe 7de Laan se Bart deesdae in Amerikaanse reeks lyk nie

‘Bid asseblief,’ pleit ma van vierjarige wat om sy lewe veg

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket

Ontstellende video wys hoe kleuter uit bewegende motor val en net weer opstaan