Die een oomblik was sy nog doodluiters besig om inkopies te doen, die volgende gryp ’n vreemdeling haar aan die agterstewe!

Maar as daar enigsins ’n les te leer is uit die nuutste video wat tans wyd aanlyn gedeel word, is dit dat elke daad onmiddellike gevolge inhou.

In dié wilde video kan gesien word hoe ’n vrou besig is om inkopies te doen. ’n Man in ’n wit kortbroek kom aangestap en knyp haar in die verbygaan op die boud.

Kyk ook: Man se poets op sy meisie loop lelik skeef

Die man stap aan asof daar niks daarmee verkeerd is om ’n heeltemal vreemde vrou aan die boud te gryp nie. Oorbluf klap sy sy hand weg, staan ’n oomblik stil…en dan kom die wraak!

Sy skop die vent van agter af dat hy doer trek, sy balans verloor en kaplaks op die grond beland.

Sy gesig spreek boekdele: hy kan self nie glo wat pas gebeur het nie.

Dis nie bekend in watter supermark – of in watter land – die voorval plaasgevind het nie.

Maar hoe sê hulle? Elke hond kry sy dag!

Kyk die video hier:

Bronne: mirror.co.uk, YouTube