Erin Dietrich, liefderyk bekend as “The Giraffe Mom”, het oornag ’n internetsensasie geword nadat sy die afgelope week ’n foto van haar, waar sy met haar hoogswanger lyf en ’n kameelperdmasker op, in haar kamer ronddans.

USA Today het berig dat Erin, ’n fotograaf, gesê het sy sukkel om te slaap tydens haar jongste swangerskap. Toe sy dus nie kon insluimer nie, het sy begin om die regstreekse uitsending van April the Giraffe te kyk.

Die logiese volgende stap was om ’n kameelperdmasker te bestel en dit dadelik oor haar kop te trek toe dit opdaag, haar webkamera aan te skakel en in lewende lywe op Facebook te verskyn.

Die ma van vier van Suid-Carolina het toe Woensdag nog ’n video van sewe minute geplaas waar sy in ’n hospitaalsaal is op die punt om te kraam. Sy kyk in die saal rond, blaas soentjies en doen selfs ’n skouerdansie terwyl haar man die video van haar neem.

Sy het later die lewe geskenk aan ’n gesonde seuntjie en die internet deel in haar vreugde.

Hier volg ’n klompie van die kommentare op haar video:

Bronne: USA Today, Today.com