Vir die meeste mens is ’n besoek aan die haarkapper verfrissend. Om die hare te laat waai gee jou sommer nuwe lewensmoed, maar nie vir die Chinese vrou Ni Linmei nie.

Volgens die Britse nuuswebtuiste The Daily Mail wil sy haar hare aanhou laat groei sodat sy die huidige Guinness Wêreldrekord kan verbeter.

Dié rekord word deur Chinees Xie Qiuping gehou. Sy het dit in 2004 opgestel toe haar hare 5,48 m lank was.

Ni staan daagliks sowat twee uur daaraan af om haar hare te was en kam. Sy maak haar hare op haar kop vas om dit uit die pad te hou.

Volgens Ni het die hare al twee keer so hittete gewaai. Een keer het haar hare in ’n hysbak vasgesit en in 2013 wou sy haar hare knip omdat dit ongerieflik is; sy het besluit om dit nie te doen nie.

Bronne: The Daily Mail, The Telegraph, Guinness World Records