Die Britse MailOnline berig Henry Dolan is met twee hart-defekte gebore. Hy moes die afgelope naweek ’n hartoorplanting kry.

Sy ouers, Mollie en Sam Dolan, van die Amerikaanse deelstaat Minnesota, het dié proses regstreeks op hul Hope for Henry-Facebookblad gedeel en elke nou en dan bykomende videos en foto’s gedeel om mense op hoogte te hou.

Die video van die klein kloppende hartjie is ook op die Facebookblad gedeel.

Wees gewaarsku: hierdie video kan ontstellend wees.

Henry se ouers verduidelik op die blad dat hulle dit geskep het om almal wat vir hom bid saam te snoer.

Henry is op 2 Mei 2016 – 12 weke te vroeg – gebore.

Volgens The Mirror het Henry se ouers onlangs gehoor dat daar ’n hart is wat op hom oorgeplant kan word. Die operasie is Sondag afgehandel en was skynbaar ’n sukses.