’n Vreesaanjaende video wys hoe pa desperaat aan seun vasklou toe sitplekgordel van hul tuimeltrein (oftewel roller coaster) nie werk nie.

Dit was veronderstel om ’n heerlike gesinsuitstappie te wees, maar het in ’n nagmerrie verander nadat ’n seuntjie byna uit ’n tuimeltreinwa gegly het toe die sitplekgordel nie behoorlik werk nie.

Op ’n video, geneem deur Kaysen Latham se pa, kan die sesjarige seuntjie gesien word waar hy opgewonde grinnik terwyl die tuimeltrein begin op die spore by Wonderland-Pretpark in Amarillo, Texas begin beweeg.

Lees ook: Avontuurlustiges se vyf uur lange tuimeltrein-nagmerrie

Sy gesigsuitdrukking verander egter vinnig in een van afgryse toe hy besef sy sitplekgordel hou hom nie vas nie, terwyl hy begin om uit die wa te gly.

Sy pa, Delheim, se reflekse het gelukkig oorgeneem en hy gryp hom en hou hom styf vas terwyl die tuimeltrein se spoed versnel.

Gelukkig is die Mouse Trap ’n klein tuimeltreintjie, maar dit lyk asof die arme Kaysen gaan flou word van vrees.

“Ons sitplekgordel op die Mouse Trap was foutief en Kaysen het vloer toe gegly. Ek moes hom gryp, regop trek en vir die res van die rit vashou,” het Delheim die pynlike ervaring op Facebook beskryf.

Die ergste deel? Toe die vader uit Texas die werkers by die pretpark in kennis stel van die gebeurtenis, het hulle aan hom gesê hulle weet die sitplekgordel is foutief.

“Toe ek aan die einde van die rit vir die kêrel sê wat gebeur het, het hy aangedui hy weet dit het al gebeur.”

Lees ook: Infografika: Gravitasie en tuimeltreine

“Dit het my natuurlik nog kwater gemaak. Ek het hom gesê dis onaanvaarbaar dat hulle weet iets is foutief en tog laat hulle mense ry,” het hy aan KFDA gesê.

Wonderland het blitssnel op die negatiewe artikel gereageer met ’n persverklaring: “Wonderland het op die aand wat die voorval plaasgevind het, onmiddellik terugvoering aan mnr. Latham gegee en het dadelik die agterste wa van die tuimeltrein verwyder en seker gemaak al die sitplekgordels werk behoorlik. Die Mouse Trap was Saterdag weer ten volle in werking.”

Ter verdediging van die storie het hulle bygevoeg die Mouse Trap is in werklikheid sonder enige sitplekgordels gebou.

Hier volg ’n eerste voorskou van die rit – sal jy gemaklik wees daarmee om sonder ’n veiligheidsgordel saam te ry?

Bronne: Mashabe, The Metro, KFDA

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Tweejarige seun skiet ma glo dood terwyl sy bestuur

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!