Dink jou in: jy ry ewe rustig op die N2 naby Umgababa aan die KwaZulu-Natalse kus. Daar speel waarskynlik musiek in die motor. Dalk gesels julle al te lekker oor die naweek se verloop.

Want jy sien daar loop ’n groepie mense met ’n paal oor hul skouers gedrapeer. Dit opsigself is nie vreemd nie. Maar dit is wat aan die paal gehang het, wat kinnebakke tot op die klipharde N2-teer laat val het.

Om dit nou pront te stel, dit is een moewiese slang, ’n regte-egte slang. Volgens Yolandi Pearce van Pumula skat sy dit is ’n luislang van sowat vier tot vyf meter lank.

Sy en haar man was een van die wat net eenvoudig móés stop om hulself te vergewis dat hul oë hulle nie bedrieg nie. Motoriste en inwoners van die omgewing het glo gehardloop om die spektakel af te neem. Slimfone en tablette is gebruik om die merkwaardige insident te verewig. [caption id="attachment_123393" align="aligncenter" width="560"]Foto: Facebook (Durban Times) Foto: Facebook (Durban Times)[/caption] Dit wil voorkom asof KwaZulu-Natal se klimaat perfek vir soortgelyke kalante is. Op 16 September 2015 is ’n luislang wat ’n gewigtige 31 kg geweeg het, by ’n konstruksieperseel aangetref.

Hy het glo keer op keer na die perseel teruggekeer. Jason Arnold het destyds gesê dat die luislang 3,5 m lank was. Groot slange, soos die Umgababa-verskynsel, is glo wel te vinde in afgeleë en meer natuurlike streke. Gelukkig moet die slange van die provinsie nog ’n bietjie meer gewig aansit om die reuseslang wat onlangs deur werkers in die suide van Asië gevind is, te klop.

Die slang het die skaal op 250 kg laat kreun en is ’n fenomenale 8 meter in lengte. Nie iets waarmee jy in die donker te doene sou wou kry nie . . .

Volgens SkyNews is daar al ’n slang van 10 meter lank in 1912 in Indonesië gevind, ’n bietjie kleiner as opgegraafde bene van ’n slang iin Columbië wat glo 12,8 meter lank was!

Bronne: jacarandafm.com, news24.com, skynews.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Zetske en Altus deel goeie nuus, maar wat gaan 7de Laan se Oubaas hieroor te sê hê?