Die optog bring verkeer byna tot ’n stilstand. Op Twitter het dit gegons oor die vragmotors wat die verkeer vertraag op die N1 noord naby die Garsfontein-afrit, op die N14 noord by Jeanlaan-afrit, op die N4 noord by die Solomon Mahlangu-afrit asook op die R21 in ’n noordelike rigting by die Nellmapius-afrit.
Volgens sr. supt. Isaac Mahamba, polisiewoordvoerder, is die bestuurders op pad na Marabastad om aan ’n beplande optog deel te neem.
Daar word berig die bestuurders is ontevrede oor steenkoolaflewering vir Eskom, maar dit kon nog nie bevestig word nie. Die optog het glo al vyfuur vanoggend begin.