Reeds met sy geboorte het groot uitdagings vir die 15-jarige Aleksei Romanof van Zelenodolsk voorgelê. Nie net is hierdie Russiese tiener sonder hande en met net een been gebore nie; ná sy geboorte het sy ouers hom verlaat.

Ondanks Aleksei se fisieke gebreke en swaar agtergrond maak hy nou wêreldwyd opslae as ’n begaafde pianis – en dit nadat hy homself eers drie jaar gelede begin leer om dié instrument te bemeester.

Op die ouderdom van 12 jaar het Louise Levatsjkowa en Wladimir Levatsjkof hom uit ’n Russiese weeshuis aangeneem. Hulle het vir hom ’n sintetiseerder, ’n elektroniese musiekinstrument, gekoop en gou agtergekom hy is ’n musikale genie.

Sy nuwe ouers het hom toe ingeskryf by ’n skool vir kinders met gestremdhede. Aleksei het homself touwys gemaak op die klavier en elke dag geoefen.

Sedertdien het hy al talle groot uitvoerings in sy vaderland gegee en selfs die hoofdirigent van die Kazan-kamersimfonieorkes oorbluf.

Tydens die konsert het hy onder meer River Flows in You gespeel. Dis geskryf deur die Suid-Koreaan Jiroema en is in Twilight gebruik.

Aleksei het aan die Russiese publikasie ProKazan gesê hy was nog altyd lief vir musiek. Hoe meer daarna geluister het, hoe meer wou hy ’n instrument gespeel.

Hy is veral deur die werke van Mozart en Vivaldi geïnspireer. Video’s van die begaafde Aleksei is al duisende keer gedeel en inspireer mense oor die wêreld heen.

Bronne: classicfm.com, dailymail.co.uk, thesun.co.uk, theguardian.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vreesaanjaende oomblik toe seun uit tuimeltrein gly en desperaat aan pa vasklou

Familie verpletter ná ongeluk Afrikaanse sanger eis en sy rekenaar met nuwe musiek van toneel verdwyn

Kyk net watter hartebreker het weer pa geword!

Man word disnis geslaan glo omdat hy soos die akteur Shia LaBeouf lyk