Beeldmateriaal toon die skokkende oomblik toe 'n tweemotorige vliegtuig beheer verloor en in 'n vlammehel ontplof.

Waarskuwing: Dit mag sensitiewe kykers ontstel.

Vroeër vandag

Die vliegtuig, 'n militêre tweemotor Metroliner, het kort nadat dit vanaf Malta se internasionale lughawe opgestyg het, neergestort en in vlamme uitgebars. Dit was op pad van Luxembourg na Libië.

[caption id="attachment_142483" align="aligncenter" width="600"]Foto: Google Earth. Foto: Google Earth.[/caption] Reddingspanne is op die toneel om na oorlewendes van die ramp te soek. Dié ligte vliegtuig kan tot tien passassiers vervoer. [caption id="attachment_142485" align="aligncenter" width="640"]Foto ter illustrasie: wikemedia.org Foto ter illustrasie: wikemedia.org[/caption] Kort voor die vliegtuig neergestort het.

Alle vlugte na en van Malta se lughawe is vir eers gestaak terwyl opruimingswerk aan die gang is. Vlugte word intussen na die Italiaanse eiland Sicilië herlei. Die laaste vliegramp wat op Malta plaasgevind het, was in 1956 toe 'n Skotse lugredery kort nadat dit opgestyg het, neergestort het. Vyftig passasiers en bemanningslede het gesterf. 49 van die oorledenes was lede van die Koninklike Lugmag en een was 'n lid van die Britse weermag.

Bronne: independent.co.uk, wikepedia.org, maltanetworkresources.com, perthnow.com.au