Lae wolke en belemmerde sig bo die aanloopbaan by Papua in Indonesië was glo deels die rede hoekom die landing skeefgeloop het. Die lughawe is omring deur hoë berge, en uitsonderlike lae wolkformasies is aan die orde van die dag.

Wat sake nog verder kompliseer, is dat daar geen instrument-landingstoerusting is nie. Alle opstyg- en landingsprosesse geskied volgens dit wat die vlieënier kan sien.

Dis waarskynlik hoekom die Trigana Air-vragvliegtuig nog teen neushoogte gevlieg het maar dat dit laag genoeg was vir die onderstel om kliphard met die aanloopbaan kennis te maak. Die hooflandingsonderstel het onmiddellik meegegee, maar die momentum van die vliegtuig het dit sonder die onderstel vorentoe bly stu - vir meer as 'n kilometer ver! Gelukkig is niemand tydens die voorval beseer nie, en die vrag van meer as 14 ton brandstof, rys en suiker het ook ongedeerd van die aanskoulike "maaglanding" afgekom. So het die vliegtuig oor die aanloopbaan gegly.

Wat ook verstommend is, is die feit dat hierdie nie 'n uitsonderlike voorval was nie.

Matt Dearden, die vlieënier wat die ongelukkige landing deurloop het, sê dat 'n feitlik-identiese voorval sowat 'n jaar gelede by dieselfde lughawe plaasgevind het.

Bronne: channelnewsasia.com, cnn.com, wmur.com