Brandweerspanne het hul Donderdagaand na die aanloopbaan van die JFK-lughawe in New York gehaas toe ’n Argentynse vliegtuig se enjin in vlamme uitgebars het. Dit was kort voordat vlug Aerolineas Argentinas 1301 op pad na Buenos Aires van dié bekende lughawe sou opstyg.  

Volgens berigte het mense ’n skielike plofgeluid gehoor kort voordat die vliegtuig se enjin in vlamme uitgebars het.

Niemand is tydens die voorval beseer nie. Ene Axel was besig om die vertrek van ’n ander vlug af te neem en het daarin geslaag om die vlammehel op video vas te lê.  

Ook ander vlieëniers het genoem dat hulle die vlamme gesien het.  

Bronne: abc7ny.com, rt.com, thesun.co.uk