Motoriste is laat Dinsdagmiddag aangeraai om die N3 by Kliprivier te vermy nadat verskeie voertuie by 'n grusame ongeluk betrokke was.

Aanvanklik het dit gelyk asof dit twee vragmotors is wat om een of ander onverklaarbare rede langs mekaar aan die brand geslaan het.

Namate die vlamme en rook bedaar het, het die skokkende toneel verander in een waar motors tussen die twee vragmotors vasgekeer is.

Verskeie brandweerdienste is op die toneel.