Toe ’n lid van die publiek die tweejarige Labrador Maandag gewaar en haar probeer kalmeer, het Xena die hasepad gekies.

Volgens die NSRI het sy ’n skouspelagtige duik die see in by Hendon Park uitgevoer. Sterk seestrome het haar vermoedelik meegesleur.

Maar gelukkig was daar redding vir die poegaai en paniekerige Xena in die vorm van ’n visserskuit, die Skipjack, wat hierdie vreemde ‘vangs’ sowat 800 m van die kuslyn uit die see gered het voordat sy gesink het.

Die NSRI het ook hand bygesit om Xena op droeë grond te kry. Cameron Green (links op die foto) en Vincent Landman het met die NSRI-reddingstuig Spirit of Surfski die reddingspoging voltooi.

Gelukkig het Xena ’n mikroskyfie en kon sy met haar verligte eienaars verenig word. Ongelukkig is Cloe, ’n staffy/bulhondmengsel nog nie gevind nie.

Bronne: news24.com, nsri.org.za

Ander stories op Huisgenoot.com

Orlando-slagting: Dit is wat ons van die massamoordenaar weet

Hoe goed ken jy jou dierverwante idiome?

Leer ken jou kind se leerstyl en speel klaar met studiekopsere

#SpeelSaam: Gaan hierdie legkaart van giggelende sebras jou klop?