“Ek is mal daaroor om vir Andriëtte te skryf. Haar stem inspireer my altyd en ek dink dat sy een van die beste vroulike stemme in SA het. Die liedjie is rou en eerlik, soos haar stem, en haar ateljeevernuf is van wêreldgehalte,” vertel Rudi, wat ook pas ’n duet saam met haar opgeneem het vir sy nuwe album, Rudi en Vriende, wat xxx uitgereik word. Daarop sing hy van sy gunstelingliedjies saam met die kunstenaars wat hulle bekend gemaak het.

Vir Andriëtte was dit net ’n plesier om saam met Rudi te werk. “Ek het gevra hy moet vir my ’n liedjie skryf aangesien hy sulke mooi liedjies op my vorige album geskryf het, en hy het dadelik ingestem. Toe hy die liedjie vir my stuur, was ek mal daaroor,” vertel sy. “Dis ’n voorreg om saam met hom te kan werk. Hy is hoogs talentvol en doen altyd sy bes om ’n liedjie te skryf wat perfek pas by my.”