Hoe gemaak as jy een oomblik nog vol plesierigheid op ’n waterponie kerjakker en die volgende oomblik besef jy ’n reusepassasierskip pyl op jou af . . . en vandaar loop alles net skeef?

Kapt. Doug Brown van Port Canaveral, Florida in die deelstaat Oregon, se hawe-owerheid was Saterdag besig om die passassierskip Carnival Magic uit die hawe te stuur toe hy besef daar’s watertuie in die navigasiekanaal.

[caption id="attachment_163754" align="aligncenter" width="600"]So lyk die Carnival Magic in al haar glorie. Foto: cruiseweb.com Foto: cruiseweb.com[/caption]

Hy het adjudant Taner Primmer, wat in daardie stadium in die hawe aan diens was, dadelik van die moontlik gevaarlike situasie ingelig.

Taner het nie ’n oomblik gehuiwer nie en onmiddellik met ’n patrollieboot koers gekies na die pretmakers.

Maar o wee! Albei persone op een van die ponies val af! Dit terwyl die dreigende skaduwee van die naderende 306 m-lange Carnival Magic baie vinnig nader aan die dobberende mense en die patrollieboot skuif.

Met ’n gesukkel word die twee uit die water gevis en aan boord van die patrollieboot gehelp waarna Taner hom haas om uit die passassiersboot se pad te kom. En dit gebeur nie ’n oomblik te laat nie.

In dié video kan gesien word hoe die patrollieboot rakelings gemis word.

Bronne: Facebook, rt.com, canaveralpilots.com