Boonop is daar blykbaar ook verskillende soort honde-intelligensie, byvoorbeeld werkende, instinktiewe, aanpasbare en interpersoonlike intelligensie. Tog is sommige honderasse algemeen bekend as besonder skerp, soos dié borderkollie en Australiese herdershond. Nou ja, Secret, ’n twee-en-’n-half-jarige websensasie van Bellingham in die Amerikaanse deelstaat Washington, is ’n kruising tussen laasgenoemde twee . . . en sy is voorwaar in feitlik elke denkbare opsig haar jong nooi se 'slim honne'. Kyk ’n mens so na van haar toertjies, lyk dit kompleet asof sy soms gedagtes kan lees.

Secret dans, doen joga, speel trom en 'gim' saam met haar eienaar, ’n student genaamd Mary. En sy 'skilder', stofsuig, doen die wasgoed . . . en tussendeur sommer ook ’n bietjie 'noodhulp'.
 

A post shared by Mary & Secret ? (@my_aussie_gal) on

Haar rooikop-nooi verdien sekerlik ook ’n pluimpie vir haar geduld en aanvoeling as leermeester. Kyk byvoorbeeld ook maar, benewens hul ingewikkelde Ierse danspassies, wat Mary trust falls noem . . . Praat nou van ’n besonderse band tussen mens en dier!

Mary en Secret het reeds meer as 200 000 volgelinge op Instagram alleen.

A post shared by Mary & Secret ? (@my_aussie_gal) on

Bronne: Instagram , YouTube, vetstreet.com