’n Polisievoertuig se aanboordkamera wys hoe die golflegende sukkel om sy balans te hou terwyl polisielede probeer bepaal of hy onder die invloed van drank is.

Nadat hy die toets gedop het, wys die kamera ook hoe ’n kalm Tiger in hegtenis geneem word.

Die 41-jarige ster is luidens berigte om 07:18 Amerikaanse tyd in polisieselle gestop. Hy is ’n bietjie meer as drie ure later op eie verantwoordelikheid vrygelaat.