Stacey Storer sê haar agt maande oue Ruby was “onsteld en het geskree” tydens ’n besoek aan ’n vriend se stalle in Nottingham, maar toe betower die perd Red haar so dat sy bedaar. Die dieremal Ruby het geglimlag en gegiggel van vreugde toe Red sy nek by sy stal uitsteek en haar heen en weer wieg. Die perd het Ruby se stoel drie keer liggies gestoot om dit te laat aanhou wieg terwyl Stacey en haar pel, Karen Parsons, toekyk.