Daar word altyd gesê dat ’n vrou wat haar vingers met die liefde verbrand het, dodelik is.

Jy mag dalk stilletjies begin bid dat jy liefs nooit met hom paaie gekruis het, of sal kruis nie.

Maar wag tot James (35), geklee in ’n wollerige wit japon en swart sokkies, 'n videokamera in die hande kry. 

O ja, en maak seker hy bevind hom in ’n gerieflike hotelkamer wat R500 000 per nag kos.

Jy begin dalk stilletjies bid dat jy liefs nooit met hom paaie gekruis het of sal nie.

Bernie Ecclestone, die voormalige Formule 1-baas, is na alle waarskynlikheid baie onvleiende name in sy luisterryke en soms berugte loopbaan genoem, maar James se kreatiewe beskrywings en bomme wat tussendeur laat val word, stel ’n nuwe standaard.

“Tamara (Petra se suster) is ’n slagoffer van haar ouers se verwronge huwelik. Haar ma, Slavica Radic, was iemand wat hul dogters mishandel het.

James begin deur Bernie as ’n “bose dwergie en een van die grootste leuenaars in die geskiedenis” uit te kryt.

“My vrou is so ’n ongelooflike vrou en ek is baie lief vir ons drie kinders. Dis vir my moeilik om hieroor te praat.

“Tamara (Petra se suster) is ’n slagoffer van haar ouers se verwronge huwelik. Haar ma, Slavica Radic, was iemand wat hul dogters mishandel het.

"Toe ek met Petra begin uitgaan, het sy haar kop teen die muur gestamp. Bernie het niks daaraan gedoen nie. Hy was die mishandelde man. Sy was die ‘Ike Turner’."

Vermoedelik verwys James hier na die popster, Tina Turner, wie se man Ike haar gereeld sou aanrand.

Hy beweer voorts Tamara se ma het haar in kaste toegesluit; daarom ly sy vandag nog aan engtevrees.

“My vrou het nog nooit die polisie gebel om haar van my te bevry nie. Barones Fiona Shackleton het haar en haar ma verplig om die polisie te ontbied. Dit het gebeur met my dogter se tweede verjaardag.

"Ek sit saam met kinders en my vriende. Bernie kom na my toe. Hy sê: ‘James, wat is die nonsens wat ek hoor dat jy nie my dogter wil toelaat om kinderoppassers en au pairs te hê nie?’ Ek was geskok en het Petra gevra hoekom de f** vertel jy sulke leuens aan jou pa?”

"Hy kon nie eers sy kinders teen sy vrou beskerm nie. Die nagemaakte tawwe ou man Michael Corleone is self deur sy vrou rondgeklap."

Bernie sou glo aandui dat hy na Petra se belange omsien.

Uit sy kommentaar blyk dit duidelik dat James 'n voorliefde vir berugte Mafia-leiers het. Hy noem deurentyd sy skoonpa in dieselfde asem as een van hulle of sê dat Bernie sou dink hy is een van hulle.

"Hy kon nie eens sy kinders teen sy vrou beskerm nie. Die nagemaakte tawwe ou man Michael Corleone is selfs deur sy vrou rondgeklap.

“Hy kan nie die een oomblik John Gotti wees en die volgende oomblik broos wees nie”.

James sê hy glo uit die diepte van sy hart dat Petra nie regtig van hom wil skei nie – en dreig in dieselfde asem om wandade aan die lig te bring waarvan hy kennis dra.

James maak dit duidelik in sy monoloog hy het nie ooghare vir Bernie nie.

Hy sê in ’n stadium dat Bernie die nuus versprei het dat hy (James) en James se broer Lee deel van 'n pedofielkring was. Ook dat Lee sy eie lewe geneem het - iets wat James heftig ontken.

Lee (37) is in September 2016 dood in sy ouerhuis aangetref. Volgens vriende was Lee depressief en hy het geruime tyd gesukkel. "Maar sy broer James het onlangs vir hom 'n nuwe Porsche Turbo gekoop,'" het een van Lee se vriende destyds gesê.

Hy erken sy vrou het hom wel ’n paar keer geklap en hy het op sy beurt weer vir haar ’n keer of wat “sagkens rondgestamp” tydens witwarm argumente.

James is boonop die hoenders in dat die woord pedofiel twee keer verkeerd gespel is op brosjures wat na bewering deur Bernie versprei sou word.

Vals lêers is na bewering oor hom en sy swaer Jay Rutland saamgestel. Bernie sou volgens hom ook hierdie bondel “leuens en onwaarhede” in die openbaar versprei het.

Hy erken sy vrou het hom wel ’n paar keer geklap en hy het op sy beurt haar ’n keer of wat “sagkens rondgestamp” tydens witwarm argumente.

James beskryf Bernie en Slavica se huwelik as ’n kruising tussen die Kardashians en die (Charlie) Manson-familie.

“Eintlik is Bernie erger as John Gotti; hy dink hy’s Al Capone,” tier James voort.

Natuurlik duik geldsake ook op.

“Ek het nooit voorgegee ek is ’n biljoenêr nie.” Maar dit het hom beslis gegrief dat Bernie ondersoek na sy geldsake ingestel het voor hy met Petra getrou het.

“Maar wat het Indië, jou vrou, ’n gesogte ledeklub in Londen - die badkamer - en ’n man wat eens met die hertogin van York uitgegaan het, in gemeen?

“Bernie, jy gee voor jy gee om vir jou kinders. Maar ons weet wat jy beplan. Daar’s daardie plek in Switserland . . .

“Jy’s nie ’n bambino nie, maar ons laat dit vir eers daar.”

“Maar wat het Indië, jou vrou, ’n gesogte ledeklub in Londen - die badkamer - en ’n man wat eens met die hertogin van York uitgegaan het, in gemeen?

“Ek sal sê jy weet presies waarvan ek praat.”

Daarna verskuif die klem na Johathan Harmsworth, die eienaar van die Daily Mail. James beskuldig hom daarvan dat hy sy broer, sy ouers, sy kinders en natuurlik homself vervolg het.

“Ons weet in ieder geval altwee dat jou vrou eintlik die een is wat die broek in die huis dra.”

“Ek sal jou graag vyf keer wil klap, jou sosiale uitvaagsel,” gaan James voort.

Hy blaker dan minder bekende bewerings oor Jonathan se buite-egtelike kind in Nieu-Seeland uit.

“Ons weet in ieder geval albei dat jou vrou eintlik die een is wat die broek in die huis dra,” en dat Jonathan ook nie inkomstebelasting betaal nie.

Praat van die hele sak patats!

Dan kom Bernie se vrou aan die beurt en die hel waaraan hy en sy gesin onderwerp is. Hy noem dit ’n terreurveldtog wat die afgelope jaar teen sy huwelik gevoer is. Slavica het glo ook vir Petra gedagvaar – en James beweer dis omdat Petra vir hom lief is.

Volgens hom is die enigste vriende wat sy het, mense wat met hul honde stap.

"Jy kan nie vriende met geld hê nie."

James beweer dat Bernie hom boonop na 'n gestig wou stuur.

Ná hierdie relaas is daar net veel meer vrae, geen antwoorde nie en ’n verbitterde man wat na alle waarskynlikheid juis die teenoorgestelde bereik het as wat hy beoog het: om sy vrou se liefde te behou.

En die kans is goed dat daardie peperduur egskeiding ’n hengse gat in die biljoenêr se sak gaan brand.

Waarskuwing: Die video is 37 minute lank.

Petra en James

Sy was net 17  jaar oud toe die twee deur ’n toe-oë-afspraak bymekaargebring is. Sy was ’n alleenloper wat nog nooit voor hom by enige ernstige verhouding betrokke was nie. Hy het met sy Lamborghini en playboy-styl haar voete onder haar uitgeslaan.

Haar Vera Wang-trourok het amper R1,4 miljoen gekos. Niemand anders nie as die gewese renjaer, Jean Alesi, het haar troumotor, ’n klassieke Rolls Royce, bestuur.

"Vulgêr ryk" is die beskrywing wat gereeld gebruik is om die huwelik tussen Petra Ecclestone en James in 2011 te beskryf. Dit het ’n allemintige R40 miljoen gekos en is by die Odescalchi-kasteel in Bracciano, Italië, voltrek.

Andrea Bocelli, Black Eyed Peas en DJ Guetta het op die geleentheid opgetree.

Haar Vera Wang-trourok het amper R1,4 miljoen gekos. Niemand anders nie as die gewese renjaer Jean Alesi het haar troumotor, ’n klassieke Rolls Royce, bestuur.

In November 2015 is daar groot gewag gemaak van die feit dat niemand, nie eers sy “dwergie-skoonpa” weet waar James se rykdom vandaan kom nie.

Die paartjie het drie kinders: Lavinia (4) en die tweejarige tweelingseuns, James Robert Frederick jr. en Andrew Kulbir.

Terwyl die media oënskynlik gek oor die pragtige Petra is wat deur sommige as nederig en goedgemanierd beskryf word, is die lang messe duidelik uit vir James.

In November 2015 is daar groot gewag gemaak daarvan dat niemand, nie eens sy “dwergie-skoonpa”, weet waar James se rykdom vandaan kom nie.

Tydens ’n liefdadigheidsgeleentheid het hy goudstawe met ’n familiewapen daarop gestempel, geskenk. Thomas Woodcock wat spesialiseer in heraldiek, het die familiewapen as vals beskryf.

Skeisake

’n Paar dae gelede is die polisie na die paartjie se biljoenêrshuis in Chelsea ontbied waar hulle na bewering ’n angsbevange Petra in die toilet toegesluit gevind het.

Petra het glo reeds in Februarie uit die huis getrek. Die twee was glo in ’n rusie betrokke oor die verdeling van bates en hul egskeiding wat vandeesmaand aanhangig gemaak is.

James is ná die voorval ook uit die huis gesit; vandaar die gerieflike hotelkamer vanwaar hy die video gemaak het.

Die egskeiding kan een van die duurste tot dusver wees danksy die sowat R90 biljoen-fortuin wat ter sprake is.

Bronne: forbes.com, telegraph.co.uk, news.com.au, mailonline.co.uk