Die brande het vinnig oor die Tuinroete versprei en soms onbeheers gewoed.

Talle getuies het foto’s van die vlamme in die sosiale media gedeel. Maar een video in die besonder, wat Duran de Villiers op Facebook geplaas het, het soos ’n toneel so reg uit ’n Armageddon-rolprent gelyk.

In die video wat by die Plettenbergbaai-lughawe geneem is, kan ’n mens sien hoe ’n klein vliegtuig versnel om op te styg terwyl die veldbrand dit nader.

Dit lyk of die vlamme die vliegtuig verswelg, maar gelukkig kry die vlieënier dit reg om onder die naderende gevaar uit te vlieg. 

Dit was so hittete!

Kyk die ysingwekkende video hier onder: