Lede van verskeie reddingspanne het Maandag kragte saamgesnoer om ’n man wat onder die Connaught-brug in Umgeni Park in KwaZulu-Natal vasgekeer is, te bevry.

Die man is vermoedelik reeds die afgelope twee dae tussen die brug en een van die brug se pilare vasgekeer.

Garrith Jamieson van Rescue Care het aan Northglen News gesê dis onseker hoe die man in die penarie beland het.

 

Reddingswerkers het hom eers kos gegee om hom die nodige krag te help gee voordat hulle hom met toue van die brug laat sak het. Hy het sy lewe waarskynlik te danke aan ’n visserman wat hom gewaar en die owerhede daarvan in kennis gestel het.

Bron: northglennews.co.za