“Dat hy die ongeluk oorleef het, is ’n wonderwerk,” het die ma van Christo Venter (18), wat op 17 Mei ernstig beseer is ’n botsing tussen sy motorfiets en ’n ander voertuig, aan Huisgenoot.com gesê.

[caption id="attachment_174302" align="alignnone" width="600"]Christo Venter in die hospitaal. Foto: Verskaf Christo Venter in die hospitaal. Foto: Verskaf[/caption]

Haar seun,’n gr.11-leerling aan die Hoërskool Die Anker, was op pad skool toe in Brakpan toe hy teen ’n motor voor hom bots, het Petro Maartens vertel.

Met die slag is hy sowat 25 meter van sy fiets af deur die lug geslinger voordat hy in die pad te lande gekom het.

Hy is in ’n ernstig toestand na die Life Dalview-hospitaal in Brakpan geneem, waar rekenaartomografie aangedui het dat hy bloeding op die brein het. Hy het ook albei sy gewrigte en sy linker-wangbeen gebreek.

[caption id="attachment_174304" align="alignnone" width="600"]Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf [/caption]

Christo is kort daarna na die Life Glynnwood-hospitaal in Benoni oorgeplaas, waar ’n operasie op 20 Mei gedoen is om van die bloedklonte op sy brein te verwyder.

“Ek voel nou baie beter,” was die eerste ding wat hy kort ná die operasie aan sy ma gesê het. “Hy het Saterdag weer gelag, nes die ‘Tuki’ wat ons almal ken en lief het.”

Vandag ondergaan hy ’n operasie om albei sy gebreekte gewrigte te herstel.

[caption id="attachment_174305" align="alignnone" width="600"]Christo se x-strale. Hy het albei sy gewrigte en sy linker-wangbeen gebreek. Foto: Verskaf Christo se x-strale. Hy het albei sy gewrigte en sy linker-wangbeen gebreek. Foto: Verskaf
[/caption]

“Hy het homself uit sy skoen en motorfiets helm geval,” het Petro vertel en byvoeg hoe dankbaar sy en Christo se pa, Stoffel Venter, is dat hy die ongeluk oorleef het.

Volgens Petro kan Christo steeds niks van die ongeluk kan onthou nie, maar sy vermoed dat die son se strale hom dalk verblind het: “Mens kan op die video sien hy wou uitswaai, maar weens aankomende verkeer, kon hy nie.”

Die beeldmateriaal kom van die kamera by ’n winkel in Olympia-weg op Springs, waar die ongeluk plaasgevind het.

[caption id="attachment_174309" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf [/caption]

Omdat Christo se mediese plan nie al die koste van die operasie dek nie, het sy suster Yolandi Strauss (30) die nuus oor die ongeluk op haar Facebook-profiel gedeel en gevra vir R100-skenkings. Binne ure het barmhartige Samaritane van die land oor en selfs uit Namibië, Frankryk, Nieu-Seeland en Australië geld geskenk.

Ook die Hoërskool EG Jansen op Boksburg het ’n groot bedrag geskenk vir Christo se mediese uitgawes. Binne drie dae het die familie derduisende rande ontvang en kon hy sy eerste operasie ondergaan.

“Ek kan nie die dankbaarheid in ons harte beskryf nie. Ek weet nie hoe om die mense, mense wat ons nie eens ken nie, vir hul bydrae te bedank nie. Baie dankie,” het Petro gesê.