Die agtjarige Juan Roberts is dalk net Kaapstad se eie klavierwonderkind.

Die talentvolle seun het meer as 30 000 kykslae op Facebook gekry nadat Paarl Boys Primary ’n video gedeel het van hom wat klavier speel.

In die video speel Juan, wat in gr. 2 is, in sy skooluniform op ’n klavier terwyl ’n skoolmaat hom afneem. Sy voete raak skaars aan die grond. Hy speel die Meatloaf-treffer I’d Do Anything For Love (But I Won’t Do That) pragtig. Hy het duidelik ’n toekoms in musiek as hy eendag in daardie rigting sou wou studeer.

Het jy ’n video van jou kind met ’n wonderlike talent? Deel dit gerus met ons!