Andrew en Ryan Balkin van New York is net twee jaar oud. Maar soveel van 'n kaperjolle het jy lanklaas gesien – selfs nie eers by die mees energieke tiener wat pas daardie laaste matriekvraestel geskryf het nie.

Terwyl pa Jonathan en ma Susana gedink het hul twee engeltjies is ewe soet aan die slaap, was dit alles behalwe wat regtig agter hul kamerdeur gebeur het.

Eers word daar uit hul bababedjies geklouer – dan oor en weer in mekaar s’n, op die rusbank, kussings wat rondgeskuif word...Tussendeur word daar waarskynlik ’n fort wat gebou terwyl ’n paar diep gesprekke plaasvind.

Twee keer daag hul ouers op om hul tot rus te bring. Tevergeefs.

Maar wag, kyk self!