In die video kan ’n mens sien hoe ’n man op ’n reënerige middag in Queenswood, Pretoria, kaalbas en doodluiters na die motor stap.

Die motor was besig om in die verkeer te ry toe hy besluit om met sy maag op die kap van die motor te gaan lê.

Die motoris het teen dieselfde pas aanhou ry terwyl die man saam “gery het”.

Dit is nie bekend of die kaalbas ryloper veilig by sy bestemming uitgekom het en of die motoris hom vererg het nie.