Aan die begin van ’n video wat aanvanklik deur Waltteri Varjokivi van Finland gedeel is, kan gehoor word hoe iemand mense in Fins waarsku.

Volgens omstanders is verskeie mense op die Puutori-markplein aangeval voor die polisie ’n verdagte in hegtenis geneem het. Luidens berigte is hy deur die polisie gewond.

Sover bekend het minstens een mens in die aanval gesterf.

Daar word beweer vyf mense is beseer, onder wie ’n vrou met ’n baba, en dat ’n jong man en vrou deur die aanvaller/s in die rug gesteek is.

Die polisie van die suidweste van Finland het ’n boodskap op Twitter gedeel: “Verskeie mense in sentrale Turku gesteek. Mense word aangeraai om die middestad te vermy.”

Hulle het ook aangedui een mens is in hegtenis geneem.

Spanje

Spanje het die afgelope twee dae onder terreurdade deurgeloop: in Barcelona en op Cambrils. Dit is onseker of die aanval in Finland ’n terreur- of geïsoleerde daad was.

Bronne: thesun.co.uk, ad.nl, telegraph.co.uk