Dit het boonop tydens die Sunwolves se eerste besoek ooit aan dié land gebeur. En dit gaan nie gou vergeet word nie . . .

Die rugbyspan was op ’n besigtigingstoer in Nieu-Seeland toe hulle Woensdag ’n ongeluk sien gebeur. ’n Motor is op ’n besige roete getref. Dit het getol en die pad blokkeer.

Die span het hul busbestuurder onmiddellik gevra om stil te hou en hulle was blitsvinnig byderhand om die arme motoris uit die penarie te red.

Geen skeidsregter sou kon fout vind met hul skrumvermoë nie. Hulle het saamgespan en die motor sowat 90 grade geswaai sodat dit weer parallel met die sypaadjie gestaan het.

Maar wag; dis nie al nie. Hulle het die motor toe sommer bo-op die sypaadjie getel sodat die verkeer weer kon vloei.

Die Sunwolves speel Vrydag 09:35 teen die Crusaders in Nieu-Seeland.

Moenie van ons eie Blitsbokke se optrede van die veld af vergeet nie. KLIK HIER en sien hoe die Blitsbokke nie net Suid-Afrikaners se harte warm laat klop tydens die Sewes-rugbytoernooi in Kanada nie . . .