"My Patroontjie, my Engelmensie, my Burpende Dwergie, is vandag 6 weke oud. Hier leer ek haar sokkie," skryf die pa van ses in die sosiale media.

Romy-lee lê snoesig op haar pa se bors terwyl hy "dans, dans, dans" vir sy dogtertjie sing. 

Ma Janine het Maandag die pragtigste boodskap in die sosiale media geskryf.

"Kan nie glo tyd vlieg so nie. En dat so 'n klein mensie jou so lief kan maak vir haar, so oulik kan wees en so hard kan poepies nie?? My engel-gesig, jou mamma is mal oor jou!!!! Dankie dat jy ons lewens soveel ryker kom maak het," skryf Janine.

En dit lyk asof die trotse ouers net nie genoeg kan kry van hulle "engelgesiggie" nie! Die paartjie deel gereeld foto's van hul avonture saam as gesin.

Steve laat weet ook dat sy glad nie van soen hou nie, maar sy raak net ouliker by die dag! "Sy begin glimlag as ons simpel raak," skryf hy.