Eers is daar beweer die Mazda CX3 ’n rooi verkeerslig sou verontagsaam het waarna die Ferrari 488 Spider teen dit gebots het.

Kyk die video en besluit self.

Niemand is sover bekend in die ongeluk beseer nie. Die Ferrari se kanse op herstel is skynbaar nul. . .

Die 488 GTB Spider het op 19 Mei 2016 amptelik in Suid-Afrika sy debuut gemaak. Dit word as die  Spider met die hoogste kraglewering in daardie kategorie van die Ferrari-familie beskryf.

Van die indrukwekende statistiek wat aan die vuurwa gekoppel word, is dat die motor 0 tot 100 km per uur binne 3 sekondes kan haal. Voeg ’n verdere 5,7 sekondes by en die naald kan by 200 km per uur kuier.

Saterdag was dit egter ’n geval van ’n onbekende aantal km per uur tot nul in ’n breukdeel van ’n sekonde.

Twitter se reaksie


Bykomende bronne: wheels24.co.za, ewn.co.za