As daar nog enige twyfel by jou bestaan dat dit beslis nie die moeite werd is om die spoedgrens te oorskrei nie, sal hierdie video jou beslis anders oortuig!

Die video is deur ’n Duitse maatskappy wat motors toets gemaak en wys die skokkende effek van

’n botsing teen ’n hoë spoed.

Een van die motors in die video is ’n Opel Omega en daar word gesien hoe beide die Opel en die motor waarteen dit bots etlike meters ver geslinger word en in stukke breek.

Die stilstaande voertuig het boonop ’n sementblok voor dit en die impak van die botsing is genoeg om dié reuse blok vorentoe te beweeg.

Die paaie is besig oor die feestyd en die versoeking kan daar wees om vinniger te ry, maar wees liefs versigtig en onthou dat ’n ongeluk binne ’n oogwink kan gebeur.