Die vuurwerk is Donderdag in ’n afgeleë area in die omgewing van Lima afgevuur.

“Dit is een van die grootste ontploffings wat ons nog aangedurf het,” vertel Juan Dulanto, wat oor die ontploffing toesig gehou het.

“Dit is heelwat van die voorraad in die mark,” sê hy.

Peru het van die strengste vuurwerkwetgewing ter wêreld nadat ’n vuurwerkontploffing by ’n winkel op Oujaarsaand 2001 gelei het tot ’n brand wat die lewe van meer as 300 mense geëis het.