Die geliefde Afrikaanse sanger Jo Black met sy yslik lange baard en arms wat nes ’n inkleurboek lyk, het ’n oulike video wat ’n aanhanger gemaak het op sy Instagram-blad gedeel.

“Ek weet nie wie die gemaak het nie, maar merk jouself sodat ek vir jou kan dankie sê. Dit is baie koel,’ het die sanger Woensdag by die kort video op sy Instagram-blad geskryf.

In die video sing ’n Jo Black en sy orkeslede, almal van Lego-blokkies gemaak, Hoop, 'n snit van sy Skepe-album.

Die Lego-Jo bespeel selfs ’n Lego-kitaar in die oulike video.

Die kort video is binne drie uur meer as 800 keer gekyk. 

Stem hier vir Jo Black vir nuweling van die jaar en liedjie van die jaar vir vanjaar se Tempo-toekennings!