In die ongeluk, wat deur ooggetuies as 'n gru-ongeluk beskryf is, het 26 motors teen mekaar gebots. 'n Vrou (48) het in die ongeluk gesterf. Beide rigtings van verkeer is deur botsing na botsing lamgelê.

Craig Coldron van Rescue Care het dié beeldmateriaal op sy aanboord-kamera vasgelê.

Waarskuwing: Die video en klankgreep mag sensitiewe lesers ontstel.

'n Ooggetuie het aan Jacaranda FM vertel wat gebeur het.

Veldbrande

Behalwe die risiko wat brande vir menselewens en die natuur inhou, kan dit ook padveiligheid 'n ernstige knou toedien. Digte rook belemmer sig en dan is daar ook rook-inaseming wat mense kan benadeel.

  • In geval van 'n brand naby die pad of waar rook sigbaar is, word motoriste aangeraai om dadelik drasties spoed te verminder.
  • Moenie dit waag om deur digte rook te ry nie. Trek betyds van die pad af.
  • Skakel jou hoofligte en waarskuwingsligte onmiddellik aan om jou eie sigbaarheid vir ander verkeer te verhoog.
  • Moenie jou voertuig verlaat nie. Hou vensters en deure dig toe om soveel as moontlik van die rook uit te hou.

KLIK HIER vir meer veiligheidswenke