20 sekondes. Dis hoe lank dit die dapper Jonny Wade geneem het voordat hy om genade begin smeek het tydens ’n eksperiment met nagebootste swangerskappyn.

Die eksperiment het by ’n universiteit in die Amerikaanse deelstaat Tennessee plaasgevind.

Enkele sekondes nadat Jonny sê ongeag wat hy ookal te sê het, hulle moenie ophou voordat 10 op op die simulatormeter bereik word nie, begin hy gil en smeek dat dit afgeskakel moet word.

"Die pyn was baie intens en ek kon dit nie langer uithou nie," het hy na afloop van die eksperiment erken.

– Magazine Features/Catersnews.com