’n Polisievoertuig wat op Maandag, 15 Mei, op die N3 gekaap is, het tot ’n jaagtog waarby die polisie se lugvleuel betrek is, gelei. Twee mense is in die voorval beseer. ’n Man is kritiek beseer en die polisievrou het matige beserings opgedoen. Sy is na bewering deur ’n onbekende aantal mans uit die motor gekaap.

Die man, vermoedelik die verdagte, is agter die stuurwiel van die polisiemotor aangetref. Hy is op die toneel vir sy beserings behandel alvorens hy vir dringende mediese sorg na ’n hospitaal in die omgewing geneem is.

[caption id="attachment_172907" align="aligncenter" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Vroeër vandag

Die jaagtog het in Jan Coetzee- en Kritzingerstraat in Florentia, Alberton, tot ’n einde gekom nadat die vermeende kaper het tydens die hoë-spoed jaagtog teen ’n muur vasgejaag het.

Volgens die Alberton Record het skote tussen die verdagte en die polisie geklap. Die vermeende kaper is in die kop getref.

Die vrouebestuurder van die gekaapte voertuig is uit die motor gegooi toe dit gekaap is.