Johnny Gaskell (35) van Australië was in Februarie by Hook Island in Queensland saam met sy pel Paddy Nash toe die groen seeskilpad wat hulle gevolg het, iets in die water opmerk. Skilpad se kind het ’n lekker jellievis raakgesien en voor jy kon sê ‘wat’s vir aandete?’ het hy sy tande ingeslaan.