Die video, wat deur Crime Intelligence and Community Awareness op Facebook gedeel en reeds 17 000 keer gekyk is, gaan jou gewis volgende keer jou motor of bakkie baie versigtig laat benader.

Die oorsprong van die video is nog nie bekend nie, maar dié kalant wat so byna-byna groot moles veroorsaak het, is heel waarskynlik doenig in die Kalahari.

Dit lyk aanvanklik na ’n dunnerige slangetjie wat bo die luierende bakkie se agterwiel wegkruip.

Skielik kom daar baie meer slang te voorskyn – sommer ’n paar meter daarvan.

Eers probeer een paar hande dit uittrek, dan kom ’n tweede paar by. Maar ta hou vas – soveel so dat die bakkie heen en weer skud soos daar aan hom gerem word.

Dan verander die “slangverlossers” van koers – en skielik kom daar baie meer slangE te voorskyn - sommer ’n paar meter daarvan. En duidelik is die reptiel glad nie gelukkig dat hy so sonder seremonie stert eerste uit sy skadukolletjie getrek is nie.

Dit was almal se gelukkige dag – die bakkie kon weer ry, die mense is veilig en die slang se lewe is gespaar om anderdag ’n ander bakkie te terroriseer.