Sylvester het keer op keer soos ’n wafferse Houdini kinderspeletjies gemaak van die omheining wat hom eintlik binne moes hou. Die mense van Beaufort-Wes en omgewing het nie baie rustig snags geslaap nie.

Lees ook: Sylvester die rondloperleeu se lot beslis

Na die tweede petalje was daar gerugte dat Sylvester se dae op aarde getel is. Een keer se ontsnapping was genoeg, maar ’n tweede ontsnapping het gewys dat hierdie mannetjie nie maklik sy rondloperstreke gaan los nie.

Aan die begin van April vanjaar het Sanparke se hoofbeampte, Fundisile Mketeni, die onrustigheid op sosiale media laat kalmeer. Nee, Sylvester sal nie uit die lewe gehelp word nie, hy gaan bloot net na hopelik “groener weivelde” waar daar twee aantreklike leeuwyfies op hom wag, verskuif word.

Lees ook: Sylvester die leeu se losloopdae getel na hy eindelik (weer) vasgetrek is

Die hoop is uitgespreek dat Sylvester sy streke sal laat staan sodra hy voel hy’s koning van sy eie spannetjie.

Wel, te oordeel aan sy gesonde brul en daardie bultende spiere, lyk dit asof Sylvester sommer klaar sy holte vir die voet gevind het.

Wie weet, dalk is daar oor ’n paar maande sommer ’n hele paar piepklein Sylvestertjies wat die mannetjie in sy kamp sal hou!

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder