Die vrou in die video is die student Michaella Surat.

Seems excessive @barstoolcsu

A post shared by Barstool Sports (@barstoolsports) on

Luidens ’n verklaring van die Fort Collins-polisiediens is die polisie na die toneel ontbied nadat ’n bakleiery tussen twee mans uitgebreek het. Een van hulle is glo Michaella se kêrel.

Terwyl die polisiebeamptes by omstanders verklarings afgeneem het, het Michaella na bewering met haar skouer teen ’n beampte gestamp en toe haar kêrel uit die area getrek.

“Die beamptes het vir haar gesê haar kêrel mag nie gaan nie, maar sy kon. Sy het op die toneel gebly en toe ’n beampte fisiek versper en geslaan,” lui die verklaring verder.

Die beampte het haar teen die grond gegooi en in hegtenis geneem vir aanranding en regsverydeling.

Michaella se gesin het aan Buzzfeed News gesê sy het kneusplekke en harsingskudding opgedoen.

[caption id="attachment_175332" align="aligncenter" width="445"]PHOTO: Facebook PHOTO: Facebook[/caption]

“Dit sal ontstellend wees as dit die standaardpraktyk is wat wetstoepassing betref,” het die gesin se prokureur in ’n verklaring aan ABC News gesê.

[caption id="attachment_175333" align="aligncenter" width="480"]PHOTO: Fort Collins police PHOTO: Fort Collins police[/caption]

Die polisie ondersoek nog die saak, maar sê die kort video wat in die sosiale media versprei word, is nie ’n ware weerspieëling van wat werklik gebeur het nie.

Nog beeldmateriaal sal beskikbaar raak wanneer ’n opname van die beampte se lyfkamera ondersoek en openbaar gemaak word.

Hier is van die kommentaar wat Facebook-gebruikers oor die video gemaak het: