Jerome Barson (78), ’n passasier in die tweede voertuig wat in die botsing betrokke was, het beswyk aan die beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het.

Nuut-vrygstelde geslote kring-beeldmateriaal het nou opslae gewek en die polisie genoodsaak om hul aanvanklike verklaring oor Venus se aandadigheid aan die ongeluk terug te trek.

In die video kan duidelik gesien word hoe Venus met haar 2010 Toyota Sequoia SUV agter ’n wit motor by ’n verkeerslig tot stilstand kom. Die wit motor draai links, maar Venus ry reguit oor die sesbaan-pad.

’n Donkerkleurige motor wat van die linkerkant kom, dwing haar om vir ’n korstondige oomblik tot stilstand te kom nadat sy reeds begin het om die pad oor te steek.

Venus ry voort. Dan, van die regterkant word gesien hoe ’n motor wat betreklik vinniger as die ander motors wat in dieselfde rigting beweeg, om 13:11:32 Venus se motor tref.

Volgens die vorige polisieverslag het Venus op 9 Junie met haar  sportnutsvoertuig teen ’n geraamde spoed van 8 km per uur beweeg toe die ongeluk plaasgevind het.

Maj. Paul Rogers, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê daar is nog nie vasgestel wie die skuld vir die ongeluk moet dra nie.

Venus se reaksie

’n Emosionele Venus het na haar oorwinning oor Elise Mertens van België in die eerste ronde van vanjaar se Wimbledon-tenniskampioenskap die mediakonferensie verlaat nadat sy deur haar emosies oorweldig is.

Wat vroeër gebeur het

Aanvanklik is aangedui dat Venus na bewering versuim het om toe te gee by ’n kruising en sy het voor ’n ander motor ingery. Die verkeerslig was groen vir die aankomende motor.

Linda Barson (68) wat agter die stuur van die tweede motor was, het destyds gesê daar was geen manier waarop sy die botsing kon vermy nie. Venus het in reaksie daarop gesê dat sy nie Linda se motor sien aankom het nie.

Haar man, Jerome, het op 23 Junie gesterf. Linda het verskeie breuke aan haar arm opgedoen.

Intussen het dit bekend geword dat Jerome se famllie ’n saak van strafbare manslag teen Venus aanhangig gemaak.

’n Onbekende bedrag word glo geëis vir die verlies aan kameraadskap deur vir Jerome se vrou en sy familie, verlies aan inkomste, pyn en lyding, mediese en begrafniskoste.

Nou doen gerugte die ronde dat Venus 'n dringende hof-interdik teen die Barton-familie verkry het wat hulle verhoed om hul eie ondersoek na die ongeluk in te stel.

Bronne: peoplemagazine.com,thesun.co.uk, bbc.com