Brig. Sally de Beer, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê mense is in hegtenis geneem.

“Ons wag nog op inligting om dit te bevestig en kan nie tans nog inligting deurgee nie,” het sy gesê. SABC het op hul Twitter-rekening foto’s gedeel van die geplunderde winkel, sowel as ’n video van verdagtes wat in die polisiewa gelaai word. Die polisie het ook glo van die gesteelde goedere teruggekry.