Die voorval het Maandag op die N2 tussen Sedgefield en Buffelsbaai plaasgevind toe die sleepwa van die vragmotor wat hulle vervoer het, waarskynlik aan die brand geslaan het.  

Van die windmaker-drukvlerke, breë tekkies en kragtige enjins het daar hoofsaaklik net swart staalgeraamtes oorgebly. [caption id="attachment_171771" align="aligncenter" width="600"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]  

Die motors was deel van die Jaguar Simola Hillclimb wat vanjaar vir die agtste keer plaasgevind het.     Jaguar Suid-Afrika het aangedui dat die oorsaak van die brand ondersoek gaan word. Hulle het hul spyt oor die verlies van die motors uitgespreek.  

Resultate

André Bezuidenhout was die koning van die heuwels in die enkelsitplek-sportmotorkategorie met sy raar 1989 Dallara F189 Formula 1 en het ’n nuwe heuwelrit-rekord van 37,695 sekondes opgestel.

Wilhelm Baard met sy Nissan GT-Rs het die kategorie vir gemodifiseerde motors in ’n rekordtyd van 39,892 sekondes gewen. Reghard Roets, ook in ’n 2017 Nissan GT-Rs, het die pad-en-supermotor-titel tydens sy debuut met ’n rekord van 43,955 sekondes gebuit. Dit is ook ’n nuwe rekord vir pad-wettige motors.  

Peter Kaye-Eddie het die “Spirit of Dave Charlton”-toekenning ontvang vir sy uitsonderlike toewyding aan motorsport.

Bronne: arrivealive.co.za, speedfestival.co.za