Dit moes vir die passasiers Vrydag aan boord van Delta-vlug 188 van Beijing, China, na Boston, Amerika, ’n absolute nagmerrie wees toe een van die vliegtuig se enjins tydens hul vlug aan die brand slaan.

Die brand het kort nadat die vliegtuig, ’n Airbus A330-223, opgestyg het, uitgebreek. In hierdie stadium dui berigte daarop dat ’n voël waarskynlik die regterkantse enjin getref het en daardeur die brand veroorsaak het. Gelukkig kon daar betyds na Beijing teruggedraai word om ’n noodlanding uit te voer.