In die video probeer die Brasiliaanse baba sowaar net ’n paar minute ná geboorte loop.

Verpleegsters was besig om die kleinding te was, maar sy het ander planne gehad, berig Metro.

Terwyl die verpleegster die baba vashou, gebruik sy al haar energie om ’n paar treetjies vorentoe te neem.

Die video is na bewering by die Santa Cruz-hospitaal in Rio Grande do Sul geneem.

In die video kan duidelik gehoor word hoe ’n vroedvrou in Portugees sê: “Allawêreld, die kind loop. Goeie genade.”

Die baba staan elke keer op om nog ’n paar treetjies te neem.

Dit is egter nie ongewoon vir babas om van die staanspoor af te begin loop nie.

Dit is ’n refleks waarmee babas gebore word en verdwyn ná twee maande, berig Healthy Children.

Refleks of nie, dit is voorwaar ’n wonderwerk!

Bronne: Metro.co.uk, Healthy Children.org