Taslima Khatun Uno (29) en haar man, Mohammad Rafiqur Islam (28), albei onderwysers in regeringskole, is verheug dat dokters in hul land die eerste tweeling – wat by hul middel aan mekaar geheg was – suksesvol kon skei. Die nuus van die eerste suksesvolle operasie van sy soort het hoop gegee vir die jong ouers wat wag op ’n operasie waarin hul dogters, Rabia en Rukia, van mekaar geskei kan word. “Dis fantastiese nuus en het vir ons hoop gegee,” sê Taslima. “As dokters daardie tweeling kon skei, glo ons hulle sal binnekort ons kinders kan skei.”