Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê die groep dring glo aan op grond waarop huise gebou kan word.

Daar was geen passasiers aan boord van die bus toe dit aan die brand gesteek word nie.

’n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld is aanhangig gemaak, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.