Die twee was aan boord van ’n easyJet-vlug propvol toeriste wat kort ná drieuur op Woensdag van Manchester na Antalya, Turkye, vertrek het.

Hul beplande vakansie is egter kortgeknip nadat hulle “onstigtelik” geraak en glo op mekaar begin skree en vloekwoorde toegesnou het.

Om alles te vererger, het die twee 'n paar sitplekke van mekaar af gesit.

Sam Tinsley (22), wat ook op die Airbus was, sê van die ander passasiers en vlugpersoneel het ook onder die vroue se onbeskoftheid deurgeloop.

Die kaptein het sonder versuim by Stansted, Londen, 'n noodlanding uitgevoer om van die raserige probleem ontslae te raak.

In ’n video kan gesien word hoe veiligheidspersoneel die twee vroue uit die vliegtuig begelei. Van die passasiers het die wagte spontaan toegejuig.

Die twee is nie net hul vakansie kwyt nie; hulle kan elkeen ’n boete van sowat R1 500 opgelê word.

Bronne: airlivenet.com, dailymail.co.uk, liverpoolecho.co.uk