Ai, dit is tragies! Verbeel jou jy is ’n nuusleser en berig oor jou eie man se dood sonder dat jy daarvan weet!

[caption id="attachment_168011" align="alignnone" width="600"]Foto: IBC24 Foto: IBC24[/caption]

Surpeet Kaur (28), ’n nuusleser van Indië was besig om die Saterdagoggend-bulletin te lees op die nuuskanaal, IBC24, in Chhattisgarh toe sy berig oor ’n motorongeluk en kort daarna op regstreekse televisie uitvind dat dit eintlik haar eie man, Harshad Kawade, is wat gesterf het.

Surpeet was besig om addisionele inligting van ’n verslaggewer wat op die toneel was te kry, toe sy die skokkende nuus besef.

Die verslaggewer het nie genoeg besonderhede van die drie slagoffers gegee nie, maar dit was genoeg vir Surpeet om twee en twee bymekaar te sit.

Volgens Daily Mail het sy geweet dat hy op dieselfde pad, met vier vriende in presies dieselfde kar gereis het.

Maar Surpeet het nie sommer in trane uitgebars nie, sy het vir die volgende 10 minute verder die nuus gelees, haar werk gedoen gekry en eers daarna agter die skerms in trane uitgebars.

Haar kollegas was in absolute bewondering toe hulle moes aanskou hoe braaf sy opgetree het.

“Dit sê regtig baie van haar pligsbesef en dat sy vir ’n volle 10 minute nog steeds kon voortgaan met haar werk.

“Sy het eers haar familie gebel na die kameras afgesit is, sy het ná dit eers na die ongelukstoneel gegaan,” berig Indian Express.

Die bron sê verder dat Surpeet reeds vir nege jaar al by die nuuskanaal werk en dat sy een van die bekendste nuuslesers is.

“Sy is ongelooflik braaf. Ons is trots op haar as ’n nuusaanbieder, maar wat vandag gebeur het, is skokkend,” sê ’n ander kollega.

Medelye het op sosiale media ingestroom.

Kyk video hier:

Bronne: Dailymail.co.uk, Indian Express, Hindustan Times