Dinsdag 9 Mei 2017 is die agtste dag van Henri van Breda se verhoor. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en dwarsboming van die gereg.

  André du Toit, broer van Henri se vermoorde ma, Teresa, is soos gewoonlik in die hof. Bailey van Breda, 'n broer van Martin, Henri se vermoorde pa, het by die hof opgedaag saam met sy vrou en die vrou van sy tweelingbroer, André.
Henri het sedert die hofsaak begin het, deurentyd aantekeninge in die hof gemaak.   Die hof sal vandag na beeldmateriaal van die De Zalze-landgoed kyk.    

Volg die verrigtings regstreeks hier